
NAPSO gee leerkragte van die ledeskole 2 x per jaar die geleentheid om in Windhoek by WAP te vergader ten einde idees uit te ruil tov die verskillende vakrigtings. Elke Graad (Gr 1-3) en alle vakke vanaf Gr4 – Gr12 het spesialis vakhoofde wat hul graad/vakgroep lei mbt die vergaderings MAAr sowel as ook dmv ‘n whatssup groep. Vanwee die feit dat die beste vakkundiges in die NAPSO geledere gesetel is , is die kennis wat uitgeruil word van onskatbare waarde en beslis een van die redes waarom NAPSO ledeskole se leerders akademies puik presteer.
Motoveringsprekers
NAPSO poog om werklik top motiveringsprekers te nader om die leerkragte, bestuur en selfs direksies van die ledeskole ‘n nuwe perspektief te bied op onderwys. Vanjaar is die professionele kundigheid van Mnr Rudi Koekemoer en Mnr Hugo Vermeulen (Solidariteit/SOS) ingespan om die lede bekend te stela an die onderwysomgewing van die toekoms
