Indien jy die skole-gemeenskap in Namibië ken sal jy dadelik besef dat die Top skole in Namibië se skoolwapens op hierdie blad bymekaar is.  Wat het almal in gemeen ….NAPSO

Die Namibiese Privaatskole Organisasie (NAPSO) is die grootste van sy soort in Namibië en is 23 jaar terug deur Privaatskole vir Privaatskole gestig.  As hoë standaard, waardes, dissipline, respek, geloof en integriteit jou idee van ‘n skoolopvoeding is, dan is jou kind 10 teen 1 in een van hierdie uitnemende ledeskole van NAPSO.

NAPSO is die gesamentlike krag van die Privaatskole in Namibië wat nie net die Organisasie nie maar ook die ledeskole van krag tot krag laat groei.  Meeste van die Top-onderwyslui is gesetel in NAPSO-ledeskole en dus is dit te verstane dat die ervaring, spesialisasie en kennis wat bymekaar is tydens NAPSO saamtrekke, ongelooflik is.  Die feit dat hierdie ondervinding op ‘n geslote wyse tussen die ledeskole gedeel word op alle terreine is dan ook die rede waarom hierdie skole se leerders ONGELOOFLIK PRESTEER.

NAPSO bestaan tans uit 24 geaffilieerde Privaatskole in Namibia met meer as 7000 leerlinge en 700 Onderwysers. Die organisasie bestaan  uit  ʼn heterogene groep privaatskole wat ‘n wye reeks kurrikulums volg nl IEB skole (volg die “Independent Examination Board”  in Engels of Afrikaans),  skole wat die Namibiese staatsleerplan volg en Engelsmedium onderrig vanaf graad 5,  skole wat in Cambridge, London self geaffilieer is, Duitse Privaatskole en selfs ACE skole.

NAPSO het ten doel om soveel moontlik GELEENTHEDE daar te stel vir die leerders, leerkragte en ouers van NAPSO ledeskole. Hierdie GELEENTHEDE sluit in:

AKADEMIE

– Raadgewende en adviserende vakspesialiste

– Jaarlikse skoolbesoek deur NAPSO Inspekteurs

– Skoolbesoekverslae en aanbevelings

– 2 x jaarlikse Nasionale NAPSO akademiese vergaderings

– Jaarlikse opleiding/motiverings geleentheid

– NAPSO vakgroepe met vakgroepleiers

– Koordinering van portefeulje moderering (IEB) en vakvergaderings

– Lidmaatskap van SOS (Skole Ondersteunings Sentrum) en al die gepaardgaande voordele

KULTUUR

– Jaarlikse Kultuurfees met al die gepaardgaande afdelings

– Dink of Sink

– NAPSO Brugbou kompetisie

– NAPSO Wetenskapuitstalling

– Mnr & Mej NAPSO

– Leerlingraad saamtrek

SPORT

– NAPSO Atletiekbyeenkoms (2-daagse byeenkoms met alle items vanaf 0/7 – 0/19)

– NAPSO Wintersport Week (Rugby, Netbal, Hokkie, Tennis, Jukskei, Boogskiet en Skaak vir alle ouderdomme)

– NAPSO Krieketfees (L/S en H/S seuns en meisiespanne)

Latest Facebook Posts

[fts_facebook type=page id=101561271320506 access_token=EAAP9hArvboQBAFG2XF5XHvKnTQDR1fNxA42vwsZBUYYYEimwOWXfMoe4ZAZBKcG7Xk0DULbVPul4GBrSLFuWxXOoLmL3hy80YT3fXlZCnEzFeHXtaOdYFHwBqeI5AENFyTU7McUiZCTZCHcxjJ3n1Kc7rsIiQBQT5kwNwans3GMJ5YsCfWUvKdsZApJK9DcqroZD posts=3 description=no posts_displayed=page_only]

Trotse Ankerborge van NAPSO

Lede

Aussenkehr Akademie

AXIS Christian School

Axis Christian School

Berg Op

Christelike Privaatskool Hentiesbaai

The Dolphin Schools

Edugate Academy

Elnatan

Gobabis Gymnasium

Goodehoop

Goedehoop Private School

agri college

Grootfontein Agri College