Nuus

Nuus & Berigte

NAPSO datumlys vir 2020 gefinaliseer

NAPSO kies sportspanne vir sporttoere in 2020

NAPSO gaan tydens die NAPSO atletiekbyeenkoms en die Dinsdag, 26 Mei 2020 tydens die NAPSO Wintersport week in Tsumeb, onderskeidelik atletiek, rugby (O/13, 16 + 18) netbal (O/13, 15, 17 + 19) en hokkie (H/S seuns + H/S meisies) kies om kragte te gaan meet teen Top-skole in SA tydens die September 2020 vakansie

NAPSO ledeskole se hoofleiers gaan skouerskuur in 2020

NAPSO onderneem om in die 3de termyn van 2020 ‘n leierskapsnaweek aan te bied vir die hoofleiers (hoofleier, hoofseun, hoofmeisie, onder-hoofseun, onder-hoofmeisie) van die NAPSO ledeskole met Hoërskool afdelings

NAPSO en NWU open onderwysopleidingsentrum vir afstandsonderrig in Swakop

Vanaf 1 Febr 2020 bied NAPSO afstandsonderrig vir onderwysers aan in samewerking met NWU.  Studente kan dus ‘n volwaardige B.Ed graad in Namibië (Swakopmund) verwerf en terselfdertyd absoluut noodsaaklike praktiese ondervinding sowel as kursusse, klinieke en ekstra kurikulums opdoen.  Die 2020 inname is reeds gesluit MAAR doen asb vroegtydig aansoek vir die 2021 inname (aansoek kan gedoen word vanaf Junie 2020)