2020

27

MEI

30

MEI

Die Coke/Wimpy/NAPSO Atletiekbyeenkoms was vanjaar op 15 – 16 Maart aangebied deur Windhoek Afrikaanse Privaatskool (WAP) met meer as 1600 atlete wat ingeskryf was. Dit was weereens ‘n uitstekende byeenkoms wat spreek van puik organisering en top atlete. Die Minister van Sport, Agbare Minister Uutoni het die byeenkoms amptelik geopen en sy waardering uitgespreek vir die feit dat NAPSO bereid is om sulke wereldgehalte byeenkomste vir Namibiese skole aan te bied.

In 2020 word die NAPSO Atletiekbyeenkoms aangebied deur Pro-Ed Academy

Atletiek

hosted by WAP

Wintersport

hosted by Walvisbaai

Securitas/NAPSO Wintersport Week was vanjaar te Walvisbaai vanaf 29 Mei- 1 Junie aangebied deur The Dolphin Schools en was weereens ‘n puik georganiseerde week wat gekenmerk was deur ongelooflike hoë gehalte sport en heerlike saamkuier geleentehde vir die 12000+ besoekers by die weeklange byeenkoms. Met meer as 4000 deelnemers van 18 deelnemende privaatskole is dit die grootste skole saamtrek in die suidelike halfrond. Alle ouderdomsgroepe vanaf 0/7 -0/19 word geakkomodeer en ding op vriendskaplike basis mee op die volgende terreine: Rugby, Netbal, Hokkie, Tennis, Jukskei, Boogskiet en Skaak. 

In 2020 word die Wintersport Week in Tsumeb deur Tsumeb Gimnasium aangebied vanaf 27-30 Mei 2020 en hulle beloof om GROOT te gaan en dit blykbaar ‘n GIMTASTIESE week te maak.

2020

27

MEI

30

MEI

2020

12

sEPT

14

SEPT

Die NICTUS/NAPSO Kultuurfees word vanjaar aangebied deur Pro-Ed Academy te Swakopmund vanaf 12 – 14 September by Pro-Ed Academy se H/S en beloof om ‘n GROOT FEES te wees!!

Die fees skop Donderdagaand 12 September af met ‘n optrede deur Refentse asook die opening van die kunsuitstalling.

Die amptelike items (Sang, dans, voordrag, dink-of-sink, wetenskapuitstallings, brugbou, ‘’ open mic’’ , kultuurfees stalletjies ens ens) begin Vrydagoggend 13 September tot en met Saterdag 14 September tot ongeveer 14:00.

Die Galakonsert vind Saterdagaand ongeveer 18:00 plaas.

Bouwer Bosch tree net na die Galakonsert op.

Kultuurfees

hosted by Pro-Ed Academy

Krieketfees

hosted by Pro-Ed Academy

Die SPAR/NAPSO Krieketfees word vanjaar tesame met die kultuurfees by Swakopmund aangebied deur Pro-Ed Academy en beloof om selfs groter te wees as 2018 se krieketfees. Omdat krieketwedstryde ‘n tydrowende proses is, is dit moeilik om oor ‘n naweek lang wedstryde in te pas. Die wedstryde gaan uit agt-man spanne bestaan.  Daar word beoog om 7 beurte aan ‘n kant te speel afhangende van die aantal inskrywings, dalk 10 beurte.  Vyf verskillende boulers moet gebruik word waarvan een ‘n spinner moet wees.  Afhangende van die inskrywings behoort elke span ten minste 4 wedstryde te speel. Let wel dat die onder 11-spanne op die hokkieveld op ‘n mat gaan speel.  Al die ander spanne speel op ‘n ordentlike sementblad met ‘n mat.

Die ouderdomsgroepe is onder 11, onder 13, hoërskool, hoërskool meisies en laerskool meisies.  Die hoërskool meisies speel saam met die onder 13’s en die laerskool meisies saam met die onder 11’s.

2020

12

Sept

14

sept